
=====================================================================
'O moedertaal ... jou het ek lief bo alles ...' (AV 6:3)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


'O moedertaal ... jou het ek lief bo alles ...'

  F.I.J. van Rensburg vertel van wyle Uys Krige se verrukking oor die moontlikhede van sy eie jong taal. KAN 'n mens 'n taal liefh? Dit 
wil s: die taal as sodanig, los van die dinge wat daarin vergestalt is -- letterkunde, wetenskap, wysbegeerte, menslike node en vreugdes?

Daar is taalkundiges, ook Afrikaanses, wat beweer dat 'n mens jou skuldig maak aan 'n illusie as jy s dat jy jou taal liefhet. Jy gebruik 
beeldspraak. Dink maar vir 'n oomblik hieraan: Het jy die voerband lief wat jou kosbare bagasie van punt A na punt B verplaas, of het jy 
die bagasie lief?

Wie so praat, het van Uys Krige vergeet, of het nog nooit van hom gehoor nie.

Want hier was nou iemand wat die taal om homself -- eintlik soos 'n haarself! -- liefgehad het, in al die betekenisse wat 'n mens met die 
begrip liefde assosieer. In die eerste en definirende plek: aangetrokkenheid, toegeneentheid; geleidelik-aan: bewondering en trots; 
toenemend: dankbaarheid oor waartoe hy/sy jou inspireer en in staat stel; en deurlopend: omgee, met die wil tot versorging wat op 'n 
natuurlike manier daaruit voortvloei.

En nie blind liefgehad nie, maar helder-nugter, omdat hy geweet het presies wat dit is wat hy liefhet en waarom.

Dit was nie liefde vir taal as sodanig, dus ongeag watter taal dit ook al mag wees nie. Dit was spesifiek vir Afrikaans. En hy 'n man wat 
sewe tale geken het, en vir elkeen ho agting gehad het. Sy agting vir hulle het dan ook altyd 'n Afrikaanse dimensie by gehad: 
dankbaarheid dat hulle hom in staat gestel het om Afrikaans in helderder perspektief te sien en te waardeer. Dit was die liefde van die 
vakman wat na die werktuig in sy hand kyk, dit keurend streel, en presies weet waartoe dit in staat is.

Hierdie brespektrum-liefde staan onvergeetlik opgeteken in die gesprek met sy vriend Jan Rabie in Gesprekke met skrywers. Hy vertel hom 
van die jare toe hy afgesny was van Afrikaans terwyl hy as jong man van tussen een en twintig en vyf en twintig van een land na 'n ander in 
Europa rondgeswerf het om as mens en as kunstenaar gevorm te word. Veral Frans en Spaans het soos "'n lawende bevrugtende vloed" oor hom 
gestroom.

"Die manier waarop die Franse en Spaanse digters geskrywe het, die einste manier waarop hulle hulle uitgedruk het, het my 'n soort 
verrukking gegee, 'n verrukking veral oor al die moontlikhede van my eie jong taal, Afrikaans." Die twee tale het "'n soort verkyker, of 
sal ek s mikroskoop, op my eie taal" geword.

En dan di menslik-aangrypende fase van die verhaal:

"Ek sit daar stoksielalleen in 1932 in Sanary-sur-mer, Provence, en my pa stuur my elke week Ons Vaderland -- di het destyds twee keer per 
week in Pretoria verskyn -- Die Huisgenoot, en af en toe 'n eksemplaar van Die Burger. Dan skryf ek elke woord, elke uitdrukking of idioom 
wat ek nie ken of wat ek nog nooit self juis s gebruik het nie, af op papier totdat ek net so 'n lang lys het. Dan ry ek vier of vyf myl 
ver in die tram of op die boot om in Toulon te gaan rugby speel, en ek lees my lys of lyste woorde sorgvuldig oor en oor, probeer om hulle 
in my geheue in te prent.

"En ek onthou nog goed hoe ek op 'n nag in die hoogsomer van 1934 deur die stil, slapende buitewyke van Valencia gestap het. Ek het di 
aand juis 'n gedig of skets of resensie in Ons Vaderland of Die Huisgenoot gelees, 'n paar van my lyste bestudeer en toe so opgewonde 
geraak oor Afrikaans en al sy vooruitsigte, ek kon nie slaap nie, het uit my bed opgestaan, my aangetrek en toe sommer die soele somernag 
ingestap.

"Ek stap daar oor die ou bruingeel tweeduisendjarige Romeinse brug oor die Turia-rivier, oral asem ek 'n heerlike blommegeur in -- Valencia 
word ook 'die ryk van die rose' genoem -- en ek bly in 'n halwe verrukking oor Afrikaans en al sy moontlikhede. Oor alles wat 'n mens met 
hom kan uitrig, hoe fris en vonkelnuut hy is, en jy het al die voordele van wat digters soos Leipoldt, Celliers en Eugne Marais reeds met 
hom gedoen het, hoe kan jy dan nog in Engels gaan skrywe?"

Paul Valry, die Franse Simbolistiese digter, het by geleentheid ges: "Gedigte word nie van idees gemaak nie, maar van woorde." Sonder dat 
hy van di uitspraak bewus was, was Krige reeds van vroeg af daarvan oortuig: letterkunde word van woorde gemaak, woorde wat uit 
lettergrepe bestaan, lettergrepe wat uit vokale en konsonante opgebou is. Dis hierdie insig wat hom byvoorbeeld bewus gemaak het van die 
eie profiel en potensialiteit van Afrikaans se klanke in vergelyking met di van ander tale wat hy geken het.

Die hooggeroemde sukses wat hy met sy vertalings van Spaanse gedigte en dramas in Afrikaans behaal het, het hy toegeskryf aan Afrikaans se 
"harde sterk medeklinkers -- ons r, d, t, k byvoorbeeld -- (sy) welluidende oop dubbelklinkers soos oo, aa, eu, ui, uu'', waarin Afrikaans 
met Spaans ooreenkom. Dis om hierdie rede, s hy, dat die Spaanse gedigte so maklik vertaal het: "Soms het dit vir my gelyk of die gedig 
hom sommer vanself in Afrikaans skryf, dat hy in Afrikaans glip soos 'n swaard in sy skede."

Dit het egter ook ander tale gegeld. Die ho lof wat sy vertaling van Shakespeare se Twelfth Night in Afrikaans van byvoorbeeld 'n 
plaaslike Shakespeare-kenner soos prof. Ian Ferguson ontvang het, word toegeskryf aan die feit dat Afrikaans op die tydstip toe hy dit 
vertaal het, oor die jeugdigheid van Elizabethaanse Engels beskik het wat moderne Engels reeds verloor het.

Wie op 'n mre die drang voel om "O moedertaal, o soetste taal, jou het ek lief bo alles" uit volle bors te sing: doen dit! 'n Man wat 
taalliefde tot in sy fynste vesels deurskou en deur-ervaar het, het ges jy kan dit maar doen. Jy is nie besig met 'n illusie nie! Prof. 
F.I.J. van Rensburg is emeritusprofessor van die RAU se departement Afrikaans.

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av6319.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999     Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Oktober 1999 /// Streef na onafhanklikheid van politieke gees. (AV 6:3) 
/// Troukoors (AV 6:3) /// Afrikaans bring die Woord aan Kung-praters (AV 6:3) /// Brief uit Murraysburg (AV 6:3) /// Ode aan my 
leermeesteres (AV 6:3) /// Suksesse met onderwysprojekte (AV 6:3) /// Afrikaansdag treffer by Vista (AV 6:3) /// Nuwe woorde uit anderhalwe 
dekade (AV 6:3) /// Rekenaar help Afrikaansleerders (AV 6:3) /// 'Wat ek wil s, kan in Afrikaans ges word' (AV 6:3) /// 'n Omstrede 
veteraan bieg (AV 6:3) /// Vaardig met tong en hand (AV 6:3) /// Dit kook en prut in die taalpot (AV 6:3) /// Johan Combrink was 'n 
DOENmens (AV 6:3) /// Gevangene (AV 6:3) /// George doen ding vir Afrikaanse reklame (AV 6:3) /// Leeslus het losgekom -- Internet gee 
koopnuus (AV 6:3) /// Gee swaarkry van Oorlog nuwe sin (AV 6:3) /// 'O moedertaal ... jou het ek lief bo alles ...' (AV 6:3) /// Waardeer 
mekaar se verdienstes (AV 6:3) /// Kalklig-dief (AV 6:3) /// IiLwimi wil taalregte en veeltaligheid uitbou (AV 6:3) /// Wenners munt uit 
met raaks-Afrikaans (AV 6:3) /// Baksel in die winter (AV 6:3) ///

